Welkom by my webwerf!

Ons beleef baie veranderinge in Suid Afrika en moes in baie omstandighede aanpas. Die bybel is uit die skole verwyder en ek glo dit is die rede hoekom kinders deesdae rebels geraak het. Jesus het uit ons lewens verdwyn en is met playstations, blackberry , Xbox ens vervang. Ons moet besef dat die eindtye naby is en ons onself moet gereed maak wanneer Jesus weer op die wolke gaan kom. Ek het altyd as kind gewonder hoe ons almal vir Jesus sal sien, maar nou nie meer nie. Die tegnologie, waarvan ek deel was, het so verander dat die grootste gedeelte van die wereld al direkte kontak het met mekaar. Kan selfs nuus sien gebeur. Die ou eenoog monster - silikon - uit die see - SAND.

Ons ou volkie kry maar swaar hier in die suide, maar my persoonlike gevoel hieromtrent is dat ons van GOD weggedraai het. Ekself is in my laaste pylvlak van die wedloop en moet net deurdruk om die eindpaal te haal. Ek het die rekenaar eeu beleef - en wie weet miskien kan ek nog die einde daarvan ook aanskou as dit die Here se wil is.

Ons het vervreemd geraak van ons God en daarom is daar sulke dinge aan die gebeur. Ons moet weer opstaan sodat die skrywe in Romeine 14 vers 10-11 bewaarheid sal word:

10 Jy Waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, 11 want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, se die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is"

Ons God kan groot dinge vermag, ons moet net weer terugdraai en God terugbring in ons verhoudings en ons alledaagse lewens dan sal ons die vrugte daarvan pluk. Hy het al baie groot wonderwerke vir my gesin gedoen! 

Geseend is u

 

Dit was nog altyd 'n droom van my om iets op die web te doen wat ek met vriende en familie kan deel. Wel hier is dit. Die nuwe tuiste van ek en Rika op die web.

Ek sou graag hierdie webwerf lekker groot wil maak en daarom het ek baie insette van vriende en familie nodig. Ek het deur die jare foto's en staaltjies bymekaargemaak en die gaan ek hier begin plaas. Die webwerf gaan bestaan uit twee gedeeltes. Die eerste gedeelte sal deur almal besigtig kan word en die tweede gedeelte sal slegs deur gemagtigde persone besigtig kan word.

As jul foto's en staaltjies het wat ek kan gebruik sal ek dit waardeer. Meld ook asb. of die in die publieke afdeling of geslote een moet wees. Ek sal al ons familie en vriende toegang gee soos ek versoeke ontvang.

'n Stamboom is ook in die vooruitsig gestel waarin ons elke geslag met foto en al wil aandui. Byvoorbaat dank!

Hul se seuns se speelgoed raak net duurder hoe ouer hul word - lyk nie vir my

so op die foto nie?